Hoërskool Bellville Apk
Apk Infos
Version | 1.0.7 |
Rating | 4.0/5, based on 43 votes |
Size | 23.4 MB |
Requires Android | Android 4.1+ (Jelly Bean) |
Author's Notes | By Hoërskool Bellville streef ons om elke leerder voor te berei vir die toekoms. |
About Hoërskool Bellville APK
Table Of Contents
Description
Die Hoërskool Bellville – ons kyk terug op meer as 70 jaarOp 25 Januarie 1937 het die Hoërskool Bellville ‘n nederige begin gehad toe 25 leerders in grade 8 en 9 en twee onderwysers mekaar in ‘n saal naby die kruising van Durban- en Voortrekkerweg ontmoet het. Vanuit hierdie nederige begin het een van die grootste Afrikaans-medium skole, met die mooiste skoolgebou in die Wes-Kaap gegroei. Vanjaar (2012) herdenk ons die 75ste bestaansjaar van hierdie grootse skool, waarvan ons deel is.
Nederig was die begin aan die kruising van Durban- en Voortrekkerweg in 1937. Drie jaar later (1940) is die eerste fase van die skoolgebou langs Voortrekkerweg deur die leerders en opvoeders betrek. Hierdie gebou het in ongeveer drie verdere fases groter geword totdat die saal in 1966 die laaste toevoeging tot die kompleks was.
Die Kaaplandse Departement van Onderwys het in 1956 die stuk grond aangekoop waarop die huidige sportgrond ontwikkel en skoolgebou opgerig is. Aanvanklik is opslaangeboue opgerig wat ‘n laerskool gehuisves het en nog later het dit die Alta du Toitsentrum geword. Dit het egter vervalle geraak en is deur ‘n groot dennebos omring. Die gedeelte noord van Ou Paarlweg en oos van Feinauerstraat, maar suid van die sitplek by die hokkieveld, is na ‘n gestoei met die Departement in die sportkompleks ontwikkel wat vandag gebruik word. In 1985 is dit in gebruik geneem.
Die ou skoolgebou langs Voortrekkerweg het met verloop van tyd ondoeltreffend geword. Dit het daartoe gelei dat ‘n nuwe gebou vir die Hoërskool Bellville in die dennebos noord van die hokkievelde opgerig moes word. Groot was die vreugde toe die leerders in Junie 1994 met banke in die hand die groot trek vanaf Voortrekkerweg na De la Hayelaan onderneem het.
Die fisiese geriewe van die Hoërskool Bellville is in die proses gekonsolideer en dit is ‘n voorreg om dit elke dag te kan beleef en gebruik.
Sowat 14400 leerders het die afgelope 75 jaar as leerders van die Hoërskool Bellville, hul matriekeksamen afgelê. Akademies was daar uitstekende resultate, veral die afgelope 10 jaar. Die aantal leerders wat A’s behaal het, het jaar vir jaar gegroei en dit het ‘n hoogtepunt bereik met Jaanri Koch wat in 2005 die beste leerder in die land was, en Simoné Gauche wat in 2006 die 13de plek in die Wes-Kaap beklee het. Ons bring egter die grootste hulde aan elke leerder wat gedurende sy skoolloopbaan getrou en hard gewerk en akademiese suksesvol was.
Wanneer mens egter rustig nadink oor die afgelope 75 jaar, dan staan daar twee groot woorde oor die verlede van die Hoërskool Bellville geskryf, naamlik genade en dankbaarheid. Die genade van Ons Hemelse Vader in Jesus Christus wat sy hande elke dag seënend na ons uitsteek en ons dankbaarheid vir die seën wat Hy aan ons gee, omdat ons niks verdien het van die baie wat Hy aan ons gegee het nie. Mag ons in die volgende 75 jaar, met dankbaarheid, die genade van God ontvang.
Latest updates
What's new in version 1.0.7
Visual updatesHow to install Hoërskool Bellville APK on Android phone or tablet?
Download Hoërskool Bellville APK file from ApkClean, then follow these steps:
Update Phone Settings
- Go to your phone Settings page
- Tap Security or Applications (varies with device)
- Check the Unknown Sources box
- Confirm with OK
Go to Downloads
- Open Downloads on your device by going to My Files or Files
- Tap the APK file you downloaded (za.co.eai.belvillehs-v1.0.7-ApkClean.apk)
- Tap Install when prompted, the APK file you downloaded will be installed on your device.
Older Versions
1.0.7 (8) | 23.4 MB |
Questions & Answers
Q: What is an APK File?
A: Just like Windows (PC) systems use an .exe file for installing software, Android does the same. An APK file is the file format used for installing software on the Android operating system.
Q: If I install an APK from this website, will I be able to update the app from the Play Store?
A: Yes, absolutely. The Play Store installs APKs it downloads from Google's servers, and sideloading from a site like ApkClean.net goes through a very similar process, except you're the one performing the downloading and initiating the installation (sideloading).
As soon as the Play Store finds a version of the app newer than the one you've sideloaded, it will commence an update.
Q: Why ApkClean.net can guarantee APK 100% safe?
A: Whenever someone wants to download an APK file from ApkClean.net, we'll check the corresponding APK file on Google Play and allow user download it directly (of course, we'll cache it on our server). If the APK file does not exist on Google Play, we'll search it in our cache.
Q: What are Android App permissions?
A: Apps require access to certain systems within your device. When you install an application, you are notified of all of the permissions required to run that application.
Don't hesitate to contact us if you have any questions or concerns.
(*) is required