Hoërskool Rustenburg Apk

Hoërskool Rustenburg Apk

Latest version 1.0.5
23 Jan 2023

Older Versions

Apk Infos

Version1.0.5
Rating4.0/5, based on 24 votes
Size‎23.4 MB
Requires AndroidAndroid 4.1+ (Jelly Bean)
Author's NotesOns bied kwaliteit opvoeding vir onafhanklike jong volwassenes.

About Hoërskool Rustenburg APK

Hoërskool Rustenburg APK Download for Android
Hoërskool Rustenburg APK Download for Android

Description

Voorwoord

Wat sien jy as jy na ʼn boom kyk?  ʼn Meubelmaker sien meubels, ʼn vioolmaker sien viole, ʼn skeepsbouer sien skepe.  ʼn Onderwyser by die Hoërskool Rustenburg, ook bekend as die Boomskool, sien hoe ʼn wonderwerk besig is om te gebeur: ʼn kind word ʼn pragtige boom wat vrug gaan dra vir die gemeenskap.

In die Hoërskool Rustenburg se wapen is ʼn wildevyboom.  Net soos die wildevyboom vas en trots staan, sy wortels diep geanker in hierdie aarde en sy takke wyd uitgesprei vir koelte en kos vir voëls en diere, staan die Hoërskool Rustenburg ook vasgeanker in die tradisie en prestasies van die verlede en reik ons uit na die toekoms.

Indien daar na die wildevyboom gekyk word, kan in verwondering gevra word:  “Hoe hoog kan ʼn boom groei?”  Die vraag is eintlik:  “Wat is jou en my doel op die aarde?”  Ophelia het in Shakespeare se Hamlet gesê:  “ Lord we know what we are, but we know not what we may be.”

Die uitdaging vir die onderwys is juis die ontsluiting van die kind se potensiaal.  Dit is waarom die skool die volgende visie het:  “Ontsluit volle potensiaal deur kwaliteit opvoeding om ʼn onafhanklike jong volwassene die wêreld in te stuur”.

Hoe ontdek die kind sy potensiaal?  Die geheim lê in die skool se leuse:  “Nosce te ipsum”  –  Ken jouself.  Dit beteken dat hy/sy moet deelneem aan soveel aktiwiteite moontlik en sy/haar prestasie teenoor die prestasies van ander deelnemers moet meet.

Die jong wildevyeboomkind moet die volgende eienskappe hê:

Elke boom het ʼn penwortel wat hom moet anker en wat noodsaaklik is vir sy ontwikkeling.  Ons, as die Boomskool, se penwortel is geanker in die grond van tradisie en Christelike waardes.  Dit is die kernwaarde van die skool.  Ons gee die ereplek aan God en Sy Woord en strewe Christelike lewensbeginsels na.

Die stam moet stewig staan teen aanslae van buite – ʼn ware landmerk in die omgewing.  Indien dit gebeur, sal die volgende woorde van die skoollied waar word:  “…eer en roem moet jy versamel vir jou skool en dorp alom; nie alleen in jongelingsjare maar tot gryse ouderdom.”

Die takke moet sterk en stewig in wind en weer wees om die “aanhou tot prestasie” en “genot van deelname” te simboliseer.

Die boom se blarekleed van geloof, hoop en liefde moet skadu en veiligheid aan menige soekende mense verskaf.

Natuurlik word die boom aan sy vrug geken – daarom sal die boom oortrek wees met akademiese-, sport- en kultuurvrugte.

Wat is die onderwysers se rol in die ontwikkeling van die boompie?

Christa McAuliffe, die eerste onderwyser in die ruimte (sy was in die Challenger ruimtetuig wat na 73 sekondes in die lug ontplof het)  het gesê: “I touch the future. I teach”.  Ons sê ook: “Ons weet ons raak die toekoms aan.  Ons is ʼn onderwysers en ons is trots daarop!”

Die onderwyser is die tuinier wat moet sorg dat die plantjie groei. ʼn Ware tuinier is iemand met ʼn grondbesmeerde oorpak wat met vereelte hande liefderyk in die grond werskaf, sy plantjies versorg en trots kyk hoe die boompie groei en vrug dra.  John Maxwell skryf die volgende:  “To be all I can be, I need to help you be all you can be.”

Wat ʼn voorreg om deel te wees van die groeiproses hier by die Boomskool.  Wat ʼn voorreg om betrokke te wees by ʼn skool waar jy in jou moedertaal Sy Naam onbeskaamd kan aanroep.  Wat ʼn voorreg om te deel in die Here se vreugde as Hy die vrug van elke boompie beskou…

Dankie aan die Skepper dat Hy aan die personeel en kinders van die Boomskool ʼn wildevyboom gegee het.  Dit maak nie saak hoe warm dit op enige oomblik is nie, ék staan in die koelte van Die Boom.

Hoe hoog kan ʼn boom groei?

ʼn Boom groei tot sy volle potensiaal bereik is…

Latest updates

What's new in version 1.0.5

Various fixes and updates

How to install Hoërskool Rustenburg APK on Android phone or tablet?

Download Hoërskool Rustenburg APK file from ApkClean, then follow these steps:

Update Phone Settings

  • Go to your phone Settings page
  • Tap Security or Applications (varies with device)
  • Check the Unknown Sources box
  • Confirm with OK

Go to Downloads

  • Open Downloads on your device by going to My Files or Files
  • Tap the APK file you downloaded (za.co.eai.rustenburghs-v1.0.5-ApkClean.apk)
  • Tap Install when prompted, the APK file you downloaded will be installed on your device.

Older Versions

1.0.5 (6)23.4 MB

Questions & Answers

Q: What is an APK File?

A: Just like Windows (PC) systems use an .exe file for installing software, Android does the same. An APK file is the file format used for installing software on the Android operating system.

Q: If I install an APK from this website, will I be able to update the app from the Play Store?

A: Yes, absolutely. The Play Store installs APKs it downloads from Google's servers, and sideloading from a site like ApkClean.net goes through a very similar process, except you're the one performing the downloading and initiating the installation (sideloading).
As soon as the Play Store finds a version of the app newer than the one you've sideloaded, it will commence an update.

Q: Why ApkClean.net can guarantee APK 100% safe?

A: Whenever someone wants to download an APK file from ApkClean.net, we'll check the corresponding APK file on Google Play and allow user download it directly (of course, we'll cache it on our server). If the APK file does not exist on Google Play, we'll search it in our cache.

Q: What are Android App permissions?

A: Apps require access to certain systems within your device. When you install an application, you are notified of all of the permissions required to run that application.

Don't hesitate to contact us if you have any questions or concerns.

(*) is required

User's Reivew

1 ★Can't register
5 ★Awsome
2 ★app is constantly stopping! uninstalling now
5 ★Top Klas 👏👏👏
5 ★So Cool. Beste skool ooit
5 ★RHS Top skool
1 ★Poes kak
5 ★Vir my eerlik die beste skool wat jy kan kies !!
5 ★Die awesomeste skool ooit met ongelooflike mense in beste app
5 ★Beste skool in die land!!!
5 ★Die die beste skool en beste app
5 ★awesome skool