Radio Namakwaland Apk
Apk Infos
Version | 2.0 |
Rating | 4.6/5, based on 5 votes |
Size | 10.3 MB |
Requires Android | Android 2.2+ (Froyo) |
About Radio Namakwaland APK
Description
Radio Namakwaland se eerste aansoek vir ‘n tydelike lisensie as ‘n Christelike gemeenskapsradio in die suidelike dele van Namakwaland is vir die tydperk 1 Augustus 1995 tot 31 Julie 1996 goedgekeur, maar weens die koste implikasie is besluit om nie met uitsendings voort te gaan nie. Een maand voor die verstryking daarvan bied ‘n verteenwoordiger van die destydse Radio Logos uit Pretoria aan om behulpsaam te wees om met die uitsendings te begin.Die eerste toetsuitsendings vind plaas vanaf 12 tot 19 Julie 1996 vanuit ‘n karavaan op die stoep van die gebou waar ons vandag nog gehuisves word. Die steun is oorweldigend vanuit die gemeenskap en daar word inderhaas vir nog ‘n eenjaar lisensie aansoek gedoen. Dit word toegestaan en met ingang 1 Augustus 1996 word amptelik met daaglikse uitsendings begin. Aanvanklik word daar net twee ure per dag uitgesaai. Dit brei later uit tot vier ure en nog later tot sewe ure per dag. Die volgende stap was om uitsendings tot 11 ure per dag te verleng en eers nadat ons absolute sekerheid het dat 24 uur per dag volhoubaar is, word dié stap in Julie 2007 geneem.
Tot op hierdie stadium maak ons gebruik van ‘n eenvoudige huishoudelike mengbankie, ‘n goedkoop hoëtrou stelletjie met ‘n CD-speler, ‘n luidspreker telefoon vir die uitsaai van telefoonoproepe en slegs die basiese ander toerusting, maar ons saai uit en ons luisteraars hou vol om te ondersteun.
Na die eerste jaar van uitsendings waartydens dit finansieël maar moeilik gaan om kop bo water te hou, word besluit op ‘n fondsinsameling in die vorm van ‘n Radio Teleton. Die ondersteuning uit die gemeenskap is oorweldigend en binne vier dae samel ons die enorme bedrag van R293 000,00 in. Ons is nou in staat om ‘n uitsaai mengbank aan te koop wat ons taak BAIE vergemaklik. Ons aansoek om ‘n vier-jaar lisensie slaag sonder dat ons deur die proses van ‘n verhoor hoef te gaan.
Radio Namakwaland is ‘n Christen gemeenskapsgerigte radio – uit die gemeenskap vir die gemeenskap. Al die personeel in diens is plaaslike aanstellings. Die programme wat uitgesaai word is oorwegend van plaaslike oorsprong en handel oor enige aspek van belang binne ons gemeenskap.
Aspekte rakende die beleid van Radio Namakwaland word hanteer deur die Raad van Direkteure wat jaarliks verkies word tydens die Algemene Jaarvergadering. Die Raad bestaan uit twaalf Direkteure wat genomineer word deur die kerkrade van die hoofstroom Christen gemeentes in die verskillende dorpe binne die ontvangsgebied. Verteenwoordiging word beperk tot maksimum vier lede per denominasie en twee per gemeente, slegs om te verhoed dat die Direksie deur een denominasie oorheers word. Alle sake rakende beleid en bestuur word hanteer volgens die bepalings van die Akte van Oprigting en die Statute van Radio Namakwaland. Die dag tot dag bestuur van die radio word hanteer deur die Hoof- en Stasiebestuurder, wat saam met die Voorsitter, Onder-voorsitter, Sekretaris/esse en nog een lid van die Direksie die Dagbestuur vorm.
Radio Namakwaland is gesetel in Vredendal en funksioneer binne ‘n plattelandse gebied wat die volgende dorpe en omliggende landelike gemeenskappe insluit: Vredendal, Klawer, Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Leipoldtville, Lambertsbaai, Elandsbaai, Strandfontein, Ebenhaeser, Lutzville, Koekenaap, Nuwerus, Bitterfontein, Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville. Binne hierdie area woon sowat 92 000 mense waarvan ongeveer 33 000 gereeld op die senders van Radio Namakwaland inskakel. Radio Namakwaland kan ook sedert Julie 2008 wêreldwyd op die internet gehoor word.
How to install Radio Namakwaland APK on Android phone or tablet?
Download Radio Namakwaland APK file from ApkClean, then follow these steps:
Update Phone Settings
- Go to your phone Settings page
- Tap Security or Applications (varies with device)
- Check the Unknown Sources box
- Confirm with OK
Go to Downloads
- Open Downloads on your device by going to My Files or Files
- Tap the APK file you downloaded (com.app.app9b7eafa20f35-v2.0-ApkClean.apk)
- Tap Install when prompted, the APK file you downloaded will be installed on your device.
Older Versions
2.0 (2) | 10.3 MB |
Questions & Answers
Q: What is an APK File?
A: Just like Windows (PC) systems use an .exe file for installing software, Android does the same. An APK file is the file format used for installing software on the Android operating system.
Q: If I install an APK from this website, will I be able to update the app from the Play Store?
A: Yes, absolutely. The Play Store installs APKs it downloads from Google's servers, and sideloading from a site like ApkClean.net goes through a very similar process, except you're the one performing the downloading and initiating the installation (sideloading).
As soon as the Play Store finds a version of the app newer than the one you've sideloaded, it will commence an update.
Q: Why ApkClean.net can guarantee APK 100% safe?
A: Whenever someone wants to download an APK file from ApkClean.net, we'll check the corresponding APK file on Google Play and allow user download it directly (of course, we'll cache it on our server). If the APK file does not exist on Google Play, we'll search it in our cache.
Q: What are Android App permissions?
A: Apps require access to certain systems within your device. When you install an application, you are notified of all of the permissions required to run that application.
Don't hesitate to contact us if you have any questions or concerns.
(*) is required